Eise teen Iran stroom in

President Volodymyr Zelenskiy

Die president van die Oekraine was die eerste persoon wat eise gestel het teen die regering van Iran nadat die land erken het dat hy verantwoordelik is vir die afvuur van ’n missiel wat die Boeing vernietig het.

President Volodymyr Zelenskiy het gesê Iran sal die skade van ’n vliegtuig wat vernietig is moet dra, en sal ook verantwoordelik wees vir die skadevergoeding aan die familie van die slagoffers wat omgekom het.

Die president het ook gevra dat die internasionale reg toegepas word en dat iran op paslike wyse gestraf moet word vir sy wandaad.

Intussen het verskeie lande daarby aangesluit en gesê Iran se onverantwoordelike optrede kan nie met geld alleen reggestel word nie, en daarom behoort die finansiële verpligting groter te wees as wat normaalweg in sulke gevalle bereken word.

Iran het die afgelope naweek erken dat hy ’n fout begaan het deur ’n missiel af te vuur wat die Boeing 737 van die Oekraïne met sy 176 mense aan boord afgeskiet het.

’n Woordvoerder van die Kanadese regering het aangedui dat hulle die 57 oorledenes van die land behulpsaam sal wees met die hantering van eise teen Iran.