Eienaar vasgevat wat 309 km p.u. jaag

Slegs ‘n voorbeeld van Audi TT

Met ’n Audi TT het die eienaar die spoedgrens in ’n 120 km sone oorskry deur 309 km per uur te ry op ’n openbare pad waar hy gevang is.

Aanvanklik is vermoed dat die jaer sou wegkom, maar die verkeerspersoneel het die motor registrasie en die soort voertuig geïdentifiseer.

Dit het hulle instaat gestel om die eienaar se adres op te spoor, en is ’n beroep op hom gedoen om eerder homself oor te gee aan die polisie.

Gedurende die afgelope naweek is hy gearresteer oor die “vreesaanjaende spoed” wat hy gery het in die Midrand omgewing.

Die skuldige, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie, is die 36-jarige eienaar van die blitsvinnige Audi, wat glo onderweg na ’n begrafnis was.