E-Sigarette is gif

In ‘n sterk bewoorde verklaring het die VN Gesondheid Agentskap die gebruik van elektroniese sigarette veroordeel.  Volgens die agentskap is die sigarette nadelig vir verbruikers en omstanders wat blootgestel word aan die gasse.  Die gebruik van E-sigarette is deur die vervaardigers voorgehou as  die antwoord om op te hou rook en selfs deur sommige regerings as ‘n alternatief aanbeveel aan rokers.

 In die verslag waarsku die agentskap dat die gebruik en gasse van e-sigarette ‘n gevaar inhou vir tieners se brein ontwikkeling asook  swanger moeders se  groeiende fetusse.  Verdere gevare kan ook wees long disfunksie en hart siektes.