Druiweboere presteer steeds beter

Sedert die jare 1980 het die totale uitvoer van tafeldruiwe sowat vyf keer verdubbel, en staan die uitvoere tans op net minder as 60 miljoen kassies wat elk 4,5 kg dra.

Suid-Afrika se druiweboere het in 1952 die eerste klompie plaaslik geproduseerde druiwe uitgevoer, en sedertdien het die uitvoer van hoë gehalte tafeldruiwe met rasse skrede toegeneem.

Met meer as 70% van alle tafeldruiwe wat uitgevoer word, is pitlose druiwe waarskynlik een van die redes waarom die uitvoer steeds ’n stygende tendens toon.

Sundowner is een van die nuwe pitlose kultivars wat belowend is vir die uitvoer mark met sy mooi ronde korrels van medium grote, maar daar is ook ander kultivars wat nuut op die mark verskyn, wat deur plaaslike druiweboere ontwikkel word.