Dreigende oorlog hang oor Iran

Minister Mark Esper

Die dood van ’n Amerikaanse kontrakteur wat in Irak gedood is, was die eerste vonk wat aanleiding tot groter aanvalle gelei het toe die Amerikaanse president beveel het dat ’n vergeldings aanval uitgevoer word.

In ’n lugaanval by die lughawe in Baghdad is twee senior offisiere , en van Iran en een van Irak, gedood terwyl hulle in dieselfde voertuig was.

In reaksie op die aanval het die regering wraak gesweer teen die Amerikaners, en dit kan lei tot ’n volskaalse oorlog, maar die Amerikaanse Minister van Verdediging, Mark Esper, het kort daarna gesê bewyse bestaan dat Iran verdere aanvalle beplan, en bygevoeg dat dit “die verandering in die spel sal beteken”.

Minister Esper sê daar is aanduidings van beplanning om addisionele aanvalle uit te voer, maar dit is nie nuus vir die VSA nie, want dit is reeds verskeie kere in die verlede ook waargeneem.

Hy sê as dit waar is, sal die VSA gereed wees daarvoor om voorsorgmaatreëls te tref om Amerikaners te beveilig.