Die strande van Durban oorbevolk

Asof honderde mense hulle jaarlikse see-bad moet hou, het Durban weer, soos in die verlede, ’n massa mense op sy strande gehad.

Alhoewel berekenings nog gedoen word, wil dit lyk asof daar vanjaar ietwat minder mense besoek afgelê het in die hoofstad van Natal.

Verskeie sakeondernemings het gesorg dat hulle deure gesluit bly tot na Nuwejaar weens die grootskaalse diefstal wat ondervind word.

Die toestroming na die strande is voorafgegaan deur honderde minibusse waarvan ’n groot aantal oorlaai was, na die hawestad gestroom het om op Nuwejaarsdag die koel water te geniet.

Durban maak jaarliks staat op die inkomste wat genereer word uit die spandabelrigheid van vakansiegangers, terwyl ander hulle deure gesluit hou weens verliese in die verlede wat nie herhaal mag word nie.

Die syfers van gewelddadige voorvalle is nog nie vrygestel nie, maar die erge bemorsing van die strande neem Durban se munisipaliteit etlike weke om die opruiming te doen.