Die skande van SA

Die eens dinamiese, vooruitstrewende en die modelstaat van Afrika het skielik verander tot die grootste skande wat n land op hom kan haal, en daardie skandes gaan die inwoners nog baie jare met hulle saamdra.

Waar die blankes vandag as die apartheid muishonde gesien word, het daar nou ook n nuwe siening na vore gekom.

Dit is nie net die Boere-Afrikaners wat die huidige toestand toeskryf aan die onbekwaamheid, korrupte regerings amptenare en politici nie, maar ook hulle mentaliteit om n houding van traak-my-nie te openbaar omdat hulle in vet salarisse neersien op die eie ondersteuners wat in armoede vergaan.

Boere-Afrikaners het 30 jaar gelede reeds gewaarsku dat die huidige toestand ons voorland gaan wees, maar daar was die leuens van sogenaamde politici van die destydse NP wat so mislei het dat mense eerder daarop ag gegee het en “Ja” gestem het vir ons volk se ondergang.

Nou kom die Wêreld Ekonomiese Forum en bevestig wat volksgenote drie dekades gelede  voorsien het, en wat vandag as n veel groter skande staan as wat apartheid ooit kan wees.

Dat n eens welvarende land so gou in bankrotskap kon beland, is sekerlik n onverskoonbare skande.