Necsa raadslede bedank gesamentlik

Die Kernkrag Energie Korporasie van SA (Necsa) se oorblywende lede van die raad het almal bedank wat ook onmiddellik van krag is.

Die lede het in ’n gesamentlike brief hulle bedankings aangekondig waarin dit onomwonde gestel is dat die Minister van Energie, Gwede Mantashe, hulle werksaamhede ondermyn en hulle werk ignoreer.

In ’n brief aan Mantashe het die oorblywende vier direkteure, Pulane Kingston, Matlhodi Ngwenya, Pulane Molokwane en Bishen Singh gesê hulle het nie die ondersteuning ontvang van die regering of die minister en sy departement nie, te midde van die feit dat hulle voorkom het dat die entiteit tot in die grond vernietig word.

Hulle wys daarop dat die minister per geleentheid gesê het Necsa het geen Raad nie, wat beteken dat hulle misken is as lede van die raad.

Vrae het ontstaan oor die toekoms van die belangrike kernkrag entiteit wat nou in ’n krisis is terwyl die minister swyg soos die graf.