Dalk word ANC-SAKP kabinet geskommel

Verskeie faktore kan lei tot ʼn moontlike besluit van Cyril Ramaphosa om as president sy kabinet te skommel ten einde van sekere elemente ontslae te raak wat in ander poste sal beland.

Die Rooi brigade se dreigement om die parlement te ontwrig tydens die president se staatsrede, kan lei daartoe dat minister Pravin Gordhan, ook sy pos gaan verloor.

Die minister het onlangs verklaar dat sy voortgang as lid van die kabinet is in die hande van die ANC president, en daarby sal hy hom berus.

Die SAKP eis ook groter verteenwoordiging in die kabinet, en die verdeeldheid tussen die Ramaphosa ondersteuners en die Zuma-faksie kan ook beïnvloed word in sy keuse om n nuwe kabinet saam te stel.

Dit is ook opvallend dat die adjunkpresident, David Mabuza, steeds skerm en Ramaphosa steun deur Eskom te blameer van misleiding oor beurtkrag ten einde sy ei pos te behou.