Cyril onttrek by ANC feesvierings

Cyril Ramaphosa

Die ANC president het die eerbare weg gevolg en hom onttrek van die feesvieringe van die party se 108 ste bestaansjaar.

Dit volg waarskynlik nadat die ANC die ongehoorde ding gedoen het om lede van die SA Weermag by die ANC feesviering te betrek.

Ingevolge wetgewing mag geen politieke party gebruik maak van Weermaglede, of lede van die Polisiediens om ’n bepaalde atmosfeer te skep nie, aangesien die instansies A-polities moet funksioneer.

Die opbou na die feesvieringe later die maand, het Vrydag ’n groot terugslag gekry toe Ramaphosa hom onttrek het uit die verrigtinge.

Die verrigtinge vind plaas by ’n lokasie naby Kimberley, maar dit is nog onduidelik wat Ramaphosa laat besluit het om te onttrek van die geleentheid.