Britse koningshuis in krisis

Die Britse koningshuis verkeer in ’n krisis wat die 93-jarige koningin Elisabeth genoop het om ’n familie vergadering te belê waarby haar 71-jarige seun, prins Charles ook teenwoordig sal wees.

Die vergadering sal handel oor die arrogante prins Harry, seun van prins Charles, wat saam met sy kleurling vrou uit die VSA, nou hulle koninklike pligte wil afskaal om ’n Kanada te gaan woon.

Die vergadering wat Maandag gehou is, het hoofsaaklik gehandel oor die verantwoordelikhede wat prins Harry moes nakom, en waarvoor hy nou klaarblyklik nie kans sien nie.

Dit is bekend dat sy Amerikaanse vrou nie inpas by die koningshuis nie, en verskeie kere die protokol geïgnoreer of verwring het om haar te pas.

Die verhuising van Harry en sy gesin sal eers plaasvind wanneer al die formaliteite afgehandel is, maar Die Vryburger sal nie veel daaroor rapporteer nie.

Die koningin het egter na afloop van die vergadering verklaar dat die twee jongmense onthef word van hulle pligte en in Kanada mag gaan woon.