Brande verwoes 10 miljoen hektaar

Australiese bosbrande het reeds 10,4 miljoen hektaar verwoes, wat nagenoeg 103,000 vierkante kilometer beslaan, en is gelykstaande aan die oppervlakte van die hele Suid-Korea.

Die brande wat nou vir vier maande woed in die oostelike gebiede van die land, het honderde woonhuise en ander geboue verwoes, en duisende mense van hulle daaglikse leefwyse gestroop.

In ’n opname wat gedoen is, word daarop gewys dat die reuse brande wat in die reënwoude van Brasilië gewoed het, vyf keer kleiner is as wat in Australië woed.

Indien die brande van verlede jaar in Kalifornië, Brasilië, en Indonesië, saam gevoeg word, is dit minder as 50% van wat in Australië ondervind word.