Boeing stort neer – sabotasie vermoed

Die Boeing 737-800 van die Oekraïne wat iewers in Iran neergestort het, se 176 passasiers en lugvaartpersoneel het almal omgekom.

Aanvanklik is gevind da die vliegtuig engine probleme ontwikkel het, maar kenners begin nou die vermoede bevraagteken.

’n Deskundige het daarop gewys dat die Boeing, alhoewel die tuig reeds 33 jaar in gebruik is, saam met sy vlieëniers, ’n skoon rekord het van foutlose vlugte.

Die vliegtuig beskik oor die vermoë om, al sou beide die reuse motore gelyktydig onklaar raak, steeds ’n perfekte noodlanding sou kon doen met die twee ervare vlieëniers in die stuurkajuit.

Deskundiges is van mening dat die vliegtuig wrakstukke wat oor ’n wye gebied gestrooi lê, eerder deur ’n missiel of ’n bom aan boord veroorsaak is.

Daar bestaan selfs kommer dat die ondersoek gemanipuleer kan word deur agent wat vinnig op die terrein verskyn het waar die wrakstukke lê.

Ingeligte bronne wys daarop dat Iran gister verskeie missiele lanseer het, en die vermoede kon net nie bevestig word dat een daarvan die Boeing 737 getref het nie.

Later is bevestig dat Iran missiele lanseer het waarvan een die vliegtuig getref het, en dit het verskeie Westerse lande laat besluit om geen vlugte oor Iran of Irak te onderneem nie.