Australiese soldate red vlugtende inwoners

Die Australiese Vlootsoldate is ingespan om Vrydag meer as 4,000 mense wat gestand was op die seekant in die ooste van die land, te red na hulle reeds twee dae vasgekeer was.

Minstens 4,000 mense kon daarin slaag om met behulp van die Vloot se bemanning na veiligheid gebring word, maar ontevredenheid is steeds aan die oplaai oor die Eerste Minister se hantering van die krisis.

Die mense was verplig om na die strandgebied uit t wyk om die verwoestende brande wat reeds meer as 20 menselewens geëis het, te ontkom.

Die twee deelstate, Victoria en New South Wales is steeds deur sowat 100 verskillende brande geteister, en baie inwoners is woedend omdat die regerende party van premier Morrison nie genoeg doen om die brande te bestry wat nou ook sowat 1,300 wonings vernietig het.

Intussen moes die owerheid duisende vakansiegangers vermaan om nie nasionale parke en ander vakansieoorde te besoek nie, en eerder na veilige gebiede gaan waar geen brandgevaar is nie.