Australiese bosbrande – duisende moet vlug

Die owerheid in Australië het sowat 250,000 mense beveel om dringend hulle huise te verlaat om te voorkom dat hulle saam met huise en eiendom, in vlamme verteer word.

Die mense moet dringend hulle woonhuise ontruim en uit die New South Wales gebied weggaan waar twee reuse brande mekaar gaan ontmoet en ’n “mega brand” gaan ontwikkel.

Intussen is berig ontvang dat daar in sekere dele reën uitgesak het, maar dit is nog nie algemene reën wat al die gevare sal uitwis nie.

Die Australiese Eerste Minister, Scott Morrison, het gesê die Weermag se troepe is op gereedheid indien die situasie sou vererger.

Intussen het menige inwoners ’n protesoptog gehou teen die regering en die premier omdat hulle so lank gewag het voor sterk optrede begin is om die brande te bestry.

Die weersomstandighede was Saterdag onvoorspelbaar, en winde het van rigting verander wat bestryding bemoeilik het.

Inwoners is gevra om gereed te maak om hulle op kort kennisgewing te laat vlug uit die gebiede waar die brande woed.