ANC swig oor kragvoorsiening

Die ANC regime het uiteindelik besef dat Eskom nie instaat is om voldoende, en volhoubaar, krag te lewer aan die verbruikers nie.

Die nuus dat die regering ingestem het daartoe dat munisipaliteite hulle eie kragvoorsiening mag begin, is ʼn algehele ommekeer in beleid en is ook in stryd met die AMC-SAKP alliansie se kommunistiese benadering om alles var almal te wil beheer.

Die vermoede bestaan dat verskeie groter munisipaliteite hulle huiswerk gaan doen, maar ingeligte bronne reken die nuwe stap kan wee lei tot groter korrupsie en swak dienslewering, aangesien geen munisipaliteit oor die vaardighede beskik om n eie kragsentrale op te rig en te bedryf nie.