Afrikaner “mentaliteit”

Dit is verstommend om te luister na volksgenote as dit gaan oor werkskepping en die toestand waarin die land tans verkeer.  Verstommend weens die oproepe om werk te skep vir anderskleuriges want dit sal diegene se self-beeld verbeter asook die omstandighede waarin hul verkeer.  Geen woord van werkskepping vir ons eie mense nie, nee hulle is in elke geval te lui om te werk en as ʼn witmens sleg is is hy slegter as ‘n anderskleurige.  ʼn Anderskleurige  sal drie of selfs meer kere verduidelik word oor hoe die werk nou gedoen moes word maar sodra ʼn volksgenoot die eerste keer ‘n fout begaan word hy of sy summier weggejaag as synde dom of met ander byvoeglike naamwoorde uitgeskel.

Wanneer gaan ons mense leer dat ons as Afrikaner volk geen verantwoordelikheid het vir die toestand van die land en die sg. werkloosheid onder ander volkere nie.

Ons plig begin tuis by ons gesin en daarna brei dit uit tot die breër gesinsverband soos jou familie en dalk aangetroude familie.  Maar dit hou nie daar op nie want ons mede-Afrikaners is deel van ons naaste. Daar moet geleentheid geskep word vir ʼn werk vir hulle dit is deel  van die liefdes gebod.

Willem Coetzee