Zuma is in Kuba

Jacob Zuma is na berig word, opgeneem in ʼn Kubaanse mediese fakulteit.

Die rede vir sy opname is nie bekend nie maar gerugte is dat hy poog om sy vervolging weens korrupsie te ontduik deur in Kuba “behandel” te word vir ‘n “siekte”.

Sy vorige bewerings dat een van sy agt vrouens hom probeer vergiftig het,  hou klaarblyklik nie verband met hierdie “behandeling” nie.

‘n Politieke ontleder meld dat Zuma dalk besig is on sy “geheue” te verloor, iets wat baie handig te pas sal kom in sy vervolgings. 

Daar word vrae gevra oor wie die weldoener is wat die onkoste betaal om na die kommunistiese land te gaan, want hy beweer hy het nie geld nie.

Trek hy hier ʼn Schabir Shaik truuk?