Zuma in die laaste loopgraaf

Nadat die Hooggeregshof  in Pretoria die voormalige ANC president, Jacob Zuma, se aansoek om appel met koste van die hand gewys het, is hy nou direk onderweg na die Appèlhof.

Dit is Zuma se laaste loopgraaf wat hy gebruik om uit die tronk te bly, en alhoewel dit ’n metode is om sy finale verhoor vry te spring, word die skuldlas aan hofkoste net groter.

Kenners wys daarop dat sy kanse om in die Appèlhof ’n oorwinning te behaal, uiters skraal is, en dat dit verrykende gevolge vir die man inhou as hy weer misluk.

Politieke ontleders reken egter dat Zuma sy kaarte goed speel, en dat hy met die moontlikheid van ’n mislukking in die Appèlsaak, reeds voorbrand gemaak het deur ’n week in die hospitaal deur te bring, om na die hof se uitspraak, weer “siek” te word.

Meningsvormers sê dit is immers die suksesvolle metode wat die springlewendige Schabir Shaik etlike jare gelede gebruik het om die tronkdeure te laat oopgaan vir sy vrylating sodat hy weer kan gaan gholf speel.