Wes-Transvaalse gesondheid hoof afgedank

Thabo Lekalakala‚ die hoof van Departement Gesondheidsdienste in die Wes-Transvaal, is afgedank en het reeds ’n blits verskyning in die hof gehad.

Lekalakala word daarvan beskuldig dat hy by ’n bedrogsaak betrokke is wat verband hou met die spul Guptas se maatskappye.

Hy is die afgelope Vrydag gearresteer deur die Valke eenheid, en benewens die bedrog ook van korrupsie aangekla ingevolge die Openbare Finansies Bestuur Wet.

In Februarie verlede jaar is vrae gevra waarom Lekalakala nog steeds in sy werk is te midde van aanbevelings deur die provinsiale owerheid dat hy onverwyld afgedank word weens sy rol in die R30 miljoen skandaal.

’n Senior woordvoerder van die polisie het later bevestig dat die hof van Gesondheid gearresteer is weens bedrog en vermeende korrupsie.