Weerstand teen ANC se drog-plan

Die ANC regering en sy parlementslede het nou van twee kante weerstand gekry vir sy onhaalbare Nasionale Gesondheidsplan wat wyd gepropageer is.

Die onvoorsiene feit dat die land se swak ekonomiese stand nooit so ’n reuse uitgawe kan dra nie, het die ANC regime met ’n donderslag getref.

Die grootste slag was egter die reaksie van die land se inwoners, en die meer as 19,000 geskrewe kommentare wat ingestuur is, sal beslis in aanmerking geneem moet word.

Die regering se minister Gordhan, en waarskynlik die Minister van Finansies, Tito Mboweni, sal die verdere verloop van die plan kelder omdat hulle weet dat dit onbekostigbaar is vir ’n land waarvan die ekonomie so swak is en hy in die rommelstatus kategorie beland het.

Ingeligte deskundiges wys daarop dat die Gesondheidsplan oorweeg kan word as drie faktore eers reggestel is:

Die hospitale se swak toestande moet op wêreldstandaard kom.

Die personeel in hospitale moet gekwalifiseer wees om ook met moderne en gesofistikeerde toerusting te werk.

Die land se ekonomiese stand moet sodanig wees dat die buitelandse, sowel as die binnelandse skuldlas so verminder is dat Suid-Afrika sy verpligtinge gemaklik kan nakom.