Walus se parool word weer oorweeg

Janusz Walus, wat reeds drie jaar gelede gekwalifiseer het vir parool, word steeds in die tronk aangehou omdat die ANC regering te bang is om die korrekte besluit te neem, en gooi die onus op die familie van die vermoorde.

Die Hooggeregshof het nou bevel gegee dat die Minister van Justisie weer die parool van Walus moet oorweeg, en moet dit binne die volgende 60 dae finaliseer sonder om ag te slaan op vorige oorwegings.

Minister Ronald Lamola wil glo self eers sekerheid kry oor die vorige besluite, en wil dan die Hooggeregshof  in Pretoria se beslissing bestudeer voor hy met die “proses” voortgaan.

Janusz Walus is sedert 1993 in lewenslange gevangenisstraf en behoort na 25 jaar vrygelaat te word volgens die Romeins-Hollandse regstelsel, wat waarskynlik nie meer geld nie aangesien die Hani-familie nou ’n groter sê het as wat die landswette bepaal.

Die Hani-familie hou by die aanvanklike argument, dat Walus geen berou toon dat hy Chris Hani doodgeskiet het nie.