VSA – Taliban onderhandelings hervat

Donald Trump

Terwyl die Amerikaanse president, Donald Trump, aan die soldate wat diens doen in Afghanistan, die moontlikheid voorhou dat nuwe samesprekings met die Taliban gevoer gaan word, kom die Taliban se positiewe reaksie.

In ’n verklaring wat deur die Taliban uitgereik is, sê die organisasie dat hy gereed is om samesprekings met die VSA te hervat.

Vroeër is samesprekings deur die VSA opgeskort nadat die terreur organisasie aanvalle uitgevoer het op burgerlikes in Afghanistan terwyl samesprekings met die VSA aan die gang was. Dit het gemaak dat resident Trump sy onderhandelaars beveel het om te onttrek uit die onderhandelings wat toe reeds so goed gevorder het dat ’n vredesverdrag in sig was.

President Trump het aan die soldate gesê die moontlikheid word al groter dat die VSA soldate sal kan terugkeer uit Afghanistan, waar Amerika sy langste oorlog ooit, vir baie jare gevoer het.

Alhoewel president trump reeds van die troepe teruggetrek het, is daar steeds sowat 12,000 soldate in Afghanistan.