Vodacom en MTN kry bloedsuiers

Die regering se waghond struktuur wat bewys gelewer het dat Vodacom en MTN die publiek beroof met hulle data tariewe, het nou oor ’n wye front reaksie ontlok.

Die twee maatskappye sal waarskynlik hulle tariewe binne weke verminder met 30 tot 50% wat meebring dat hulle nagenoeg ’n gesamentlike verlies aan inkomste van sowat R22 miljard sal ondervind.

In ’n opname wat gemaak is, het selfoon gebruikers gal gebraak oor MTN wat data verkoop aan ’n kliënt terwyl die kliënt nie eers ’n sein van MTN het by sy woonplek nie.

In ’n ander voorval het ’n kliënt van Vodacom lugtyd gekoop deur sy bank se internet fasiliteite, net om vir ’n tweede keer in dieselfde strik te trap dat Vodacom die geld ontvang het, maar nie die lugtyd beskikbaar gestel het nie.

Kenners sê dit is hierdie wanpraktyke wat selfoon dienste bedenklik maak en mense neig om na die ander selfoon maatskappy te verander.