Vloedskade tref plakkerskampe

Die plakkerskampe in en om Mamelodi, in die Groter Pretoria, het swaar deurgeloop onder die vloedwater wat die afgelope drie dae deur die gebied verwoesting gesaai het.

Nagenoeg 720 plakkershuisies is deur vloedwater weggevoer in die :Eerste Fabriek” plakkerskamp en die vrees bestaan dat nog plakkershuise in die slag gaan bly met die reën wat Dinsdag voortgeduur het.

Die plakkershuise is aan die walle van ’n spruit geleë waarvan die walle oorstroom is deur die geweldige vloedwater, en die aangrensende huisies is meegesleur wat menige inwoners nou sonder woonplek laat.

Vroeër is die plakkers gewaarsku om nie so na aan die spruit hulle plakkershuise op te rig nie, maar die inwoners het hulle min gesteur aan die waarskuwings.