Vicky Momberg vrygelaat

Ingevolge die ANC president se besluit om sowat 14,000 mense uit tronke vry te laat, het die “vergunning” ook Vicky Momberg te beurt geval.

Vicky is daarvoor bekend dat sy nie rassisties is nie, maar die onreg wat op haar toegepas is deur swartmense wat die wet geïgnoreer het en haar nie te hulp wou kom toe dit nodig was nie, het veroorsaak dat sy uiteindelik agter tralies beland het.

Sy was so woedend tydens die gebeure dat su die veelbesproke “K-Woord” nie minder as 40 keer gebruik het nie.

Sy is daarna aangekla en deur die hof vir vier jaar agter tralies gebêre, maar is na ’n paar maande weer vrygelaat.