Uit my Kuierkombuis

Nog ‘n besige naweek is agter die rug op pad na die einde van die jaar!  Dit is die een afskeidsfunksie na die ander en so hier en daar is dit ‘n bring en braai of ‘n geselligheid waar jy ‘n slaai saamneem.

‘n Slaai wat oor die jare steeds baie gewild is,  is die groen broccoli slaai!  Sommige resepte word met kondensmelk en room afgerond,  sommige resepte voeg blokkies kaas by en dan is daar die oorspronklike resep wat ek vir u gaan gee.

BROCCOLISLAAI

Bestanddele:

1 broccoli kop opgesny  (gewig van omtrent 400g)

1 ui fyn gesny

250ml mayonnaise

60ml suiker ( opsioneel)

15ml suurlemoensap

250g spekvleis snippers, bros gebraai

250 ml sonneblomsaad

60ml sultanas

Metode:

  1.  Meng die broccoli, ui, mayonnaise suiker en  suurlemoensap.
  2.  Plaas in yskas vir minstens 1 uur
  3.  Braai die spekstukkies en laat dit ook afkoel voordat dit by die broccolimengsel gevoeg word.
  4. Net voor opdiening voeg u die sonneblomsaad en die sultanas by en meng die slaai liggies deur.

Die slaai vertoon mooi ……………… en is baie, baie lekker!!!

Naskrif: 

  • Hou net altyd ingedagte dat iemand in die geselskap dalk allergies kan wees vir neute.   Ek het dus al die resep sonder die sonneblomsaad gemaak.
  • Gesnipperde dadels skakel ook lekker by die resep se bestanddele in ipv die sultanas. Vermeerder dit dan net na 125ml.