Uit my Kuierkombuis

Dit is vakansietyd en ons kuier graag oor en weer.  ‘n Broodjie wat altyd ‘n wenner is en wat jy voor die tyd kan bak en vries,   is ‘n geurige piesangbroodjie.  Piesangs is deesdae ook reg deur die jaar beskikbaar en wanneer hulle net te ryp word om te  eet,  is dit net die regte resep om nader te trek.

Piesangbrood

Bestanddele:

125g botter by kamertemperatuur

250 ml witsuker

5 ml vanielje geursel

2 ekstragroot eiers

500 ml koekmeelblom

2,5 ml sout

10 ml bakpoeier

5 ryp medium piesangs

Metode:

  1. Klits die botter en suiker tot lig en romerig en voeg die vanielje geursel daarby.
  2. Klits nou die eiers een vir een by die bottermengsel.
  3. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die bottermengsel.
  4. Druk die piesangs fyn mbv ‘n vurk en voeg dit heel laaste by die beslag.
  5. Meng alles goed saam en skep dit uit in ‘n gesmeerde 25cm broodpannetjie.
  6. Bak die broodjie vir ‘n uur in ‘n matige oond van 180ºC.
  7. Keer uit op ‘n afkoelrakkie om af  te koel.
  8. Sny skyfies en smeer met botter voor opdiening.

Hierdie broodjie kan gevries word en ‘n rukkie voor bediening uit die vrieskas gehaal  word.