Turkse president kry gedugte opponent

Ahmet Davutoglu

Die voormalige Eerste Minister van Turkye, en een van die land se grootste vriende en bondgenoot van die president, het begin om sy nuwe politieke party te stig om teen die regering te veg.

Ahmet Davutoglu het weggebreek van die AK Party in September om binne enkele weke sy nuwe party formal tot stand te bring.

Davutoglu word beskou as ’n gedugte teenstander, en sy ervaring as voormalige premier bied glo die geleentheid om president Tayyip Erdogan se kaarte deurmekaar te maak.

Die 60-jarige politikus het in 2016 reeds klanke gemaak dat hy verskil met die president, en het glo na deeglike oorweging besluit om Erdogan die stryd aan te sê.

Hy het reeds sterk beskuldigings gelê teen die president se ekonomiese beleidsrigtings, en die verwagting is dat verskeie ander verskille met die president in die komende weke geopper sal word.