Trump op blitsbesoek in Afghanistan

Anders as wat die media berig, het die Amerikaanse president, Donald Trump, ’n besoek gebring by die VSA weermag soldate in Afghanistan.

 Sy verrassingsbesoek val saam met die Amerikaanse “dankiesê” geleentheid, om die troepe moreel te ondersteun en sie regering se waardering aan hulle oor te dra vir die onbaatsugtige diens wat gelewer word.

Hy het die soldate ingelig dat daar ’n moontlikheid is dat die vredesonderhandelinge met die Taliban terreurgroep moontlik binnekort hervat sal word.

Dit is die president se eerste besoek aan die oorloggeteisterde land sedert hy as Amerikaanse president verkies is, en sy besoek het die hoop laat opvlam dat hernude onderhandelings binnekort sal hervat.

President Trump het aan die soldate gesê die Taliban wil die onderhandeling hervat om uiteindelike vrede te bring, wat ook kan beteken dat die VSA soldate terugkeer na hulle tuiste.