Trump nooi Johnson na Wit Huis

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het kort na afloop van die verkiesing in Brittanje, ’n uitnodiging gerig tot premier Johnson om besoek te bring aan die VSA.

Die Wit Huis het in ’n verklaring gesê die uitnodiging is gerig om die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, in die Wit Huis te ontvang vir belangrike samesprekings wat gehou sal word vroeg in die nuwe jaar.

Die verwagting is dat die nuwe ooreenkoms op handelsgebied bo aan op die sakelys sal wees, veral in die lig van Premier Johnson se groot oorwinning tydens die parlementêre stemming oor aanvaarding van die Brexit ooreenkoms.

President Trump het vroeër aangekondig dat Amerika sy volle steun aan Brittanje sal bied na die land uit die Europese Unie bedank het.