Trump moet nie inmeng in Britse verkiesing

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, het gevra dat die Amerikaanse president asseblief nie moet inmeng in die verkiesing wat op 12 Desember plaasvind nie.

President Donald Trump sal hierdie week in Brittanje aankom vir ’n Navo byeenkoms wat in Londen gehou word.

President trump het egter nog nooit ingemeng met ’n Britse referendum of verkiesing nie, en sy enigste opmerking was dat die nasionalistiese Nigel Farage en sy Brexit Party eerder moet saamwerk met die Konserwatiewe Party van premier Johnson.

Johnson het aan die media gesê dat goeie vriende soos Brittanje en die VSA, tradisioneel nie betrokke raak in mekaar se verkiesings nie, en dat dit nou weer so sal wees.

Waarnemers sê die Amerikaners se president het wel ingemeng toe hy gesê het ’n oorwinning van die Arbeidersparty “sal baie sleg wees” vir Brittanje.