Tonne kokaïen in Montevideo vernietig

’n Rekord hoeveelheid kokaïen wat in netjiese houers verpak, en met ’n soort meel bestrooi is, het nogtans nie die wakende oe van beamptes in Montenegro ontglip nie.

Sowat 4,6 metrieke ton kokaïen is gevind wat onderweg was na die klein Afrika staat, Togo, onderweg maar in Montevideo, Uruguay, deur beamptes geïdentifiseer en geblokkeer om verder vervoer te word.

Uruguay word toenemend gebruik vir verskeping van handelsware na Afrika en Europa, en beamptes is voortdurend op die uitkyk vir dwelmmiddels wat na die twee kontinente gesmokkel word.

In Montevideo is gesofistikeerde toerusting aangebring wat die houers van skeepsvragte te skandeer om dwelmmiddels op te spoor.

Nog vier ander houers wat vermoedelik dieselfde inhoud het as die een waarin die kokaïen gevind is, het die totale kokaïen besending van meer as 15 ton opgelewer.

’n Woordvoerder van die Vlootmag in Uruguay het later gesê die tonne kokaïen wat gevind is, is ’n reuse terugslag vir kokaïen smokkelbendes.