Toename in misdaad oor Feestyd

’n Ernstige toename in misdaad word verwag gedurende die Desember vakansietyd, en die landbou gaan nie gespaar word nie, sê landbouleiers.

Dit is reeds ’n bekende feit dat misdaad toeneem geurende die Feesseisoen, en plaasaanvalle, sowel as grootskaalse veediefstal kan verwag word.

Veediefstal vind plaas deur mense wat die gesteelde vee in lokasies en plakkerskampe gaan verkoop, terwyl ander die vee vir eie gebruik steel op plase waar die eienaars dikwels met vakansie is.

Veediefstal kos die Suid-Afrikaanse boere miljarde Rand elke jaar, en die gevaar van diewe en moordenaars wat met wapens die plaasmense beroof, word selde vasgetrek deur die veiligheidsmagte.

TLU SA het ernstige waarskuwings gerig tot boere om uiters paraat te wees gedurende die volgende weke, en moet seermaak dat kommunikasie toerusting met bure en die polisie behoorlik nagegaan is.