Tifoon saai verwoesting in Filippyne

’n Tifoon wat Woensdag die Filippyne getref het, het duisende mense se daaglikse lewe ontwrig, en menige het in hospitale beland weens beserings wat opgedoen is.

Die stormsterk wind, gepaard met swaar reën neerslae het honderde vlugte na en van die Filippynse lughawens belemmer en moes gekanselleer word.

Beamptes van die regering kon vir minstens twee tot drie dae nie hulle reise onderneem nie en honderde bome het paaie en treinspore blokkeer.

Nog meer reën en sterk winde word verwag, en inwoners is gewaarsku om versigtig te wees aangesien sowat 230,000 mense reeds in haglike omstandighede verkeer weens hulle skade by woonplekke.

Die tifoon, bekend as Tisoy onder die inwoners, het glo in spoed verhoog wat as abnormaal beskou word, en dit het bygedra tot veel groter skade op die eiland as wat voorspel is.

Die tifoon is die twintigste een wat die land getref het gedurende die jaar, en met windsterkte tot 160 kilometer en ander wat selfs 210 kilometer sterk gewaai het, is die land in algehele verwoesting.