Taiwan vra militêre hulp by VSA

Terwyl die spanning tussen Taiwan en Sjina byna breekpunt bereik het, is die Taiwanese regering vasbeslote om nie geïntimideer te word deur die wêreld se tweede grootste ekonomiese moondheid nie.

Taiwan het te midde van Sjinese ontsteltenis, beplan om die Trump Administrasie te nader vir moontlike deskundige militêre hulp.

Taiwan sê hy benodig die advies van die Amerikaanse militêre deskundiges in die lig van groeiende dreigemente van sy bure in Sjina.

Die demokratiese Taiwan word deur Sjina beskou as deel van sy gebied, maar het nooit enige militêre aksie uitgevoer om die land as sy eie te proklameer nie.

Sjina het wel sy militêre mag rondom Taiwan ontplooi deur skepe ter see en vegvliegtuie op verskillende basisse instand te hou.

Die VSA is Taiwan se grootste wapen verskaffer, en beskou homself as verantwoordelik om die land op militêre gebied by te staan, en sal moet reageer op die skrywe van die eiland se Minister van Verdediging om militêre hulp en advies te gee.