Taiwan kiesers ignoreer Sjinese wortel

Sjinese uit Beijing het met gawe en vriendelike gebare probeer om aangenaam te wees met Taiwan, kort voor die verkiesing op 11 Januarie.

Die poging het egter nie geslaag nie, want die Taiwanese kiesers wou nie byt aan die geelwortel wat voor hulle geswaai is nie, en die aanbod van beter behandeling van Taiwanese in Sjina, is met minagting verwerp.

Sjina se oproep dat die eiland nou moet “huis toe kom”, het op dowe ore geval, en kiesers het gesê dit is slegs praatjies waaraan niemand hulle sal steur nie.

Alhoewel Taiwan nie veel erg het aan Sjina se leë beloftes nie, het Beijing ontken dat hy ingemeng het in die verkiesingsveldtog van die eilandbewoners, sê Taiwanese dat miljoene pamflette uit vliegtuie versprei is deur Sjina, en voeg by dat dit maar een van vele metodes is wat die kommunistiese heerser toepas om die kiesers te beïnvloed.