Sjina woedend oor VSA opstokery in HK

Die Sjinese regering van Beijing is woedend vir die Amerikaners, en het gewaarsku dat hulle ferme teenmaatreëls sal tref in reaksie op die VSA se opstokery in Hong Kong.

Sjina sê die besluit van president Donald Trump om ’n wet te onderteken ter ondersteuning van die VSA aan die pro-demokrate van Hong Kong, is ’n inmenging in die sake van ’n soewereine staat.

Die Huis van Verteenwoordigers het ’n wetsontwerp goedgekeur met slegs een teenstem, wat pas deur die president bekragtig is, waarvolgens die VSA sy steun toesê aan die optrede van studente en inwoners van Hong Kong.

Die optrede van Amerika het ook die spanning verhoog tussen die twee spanne wat in onderhandelinge is om ’n handelsooreenkoms te kry om daarmee die handelsoorlog te beëindig.

Amerika het die protesteerders gesteun in ’n nuwe vlaag van optogte onder die vaandel van die Amerikaanse “dankiesê” geleentheid, en daarmee weer duisende mense laat deelneem aan ’n optog terwyl die kommunistiese Sjina moes toekyk hoe duisende Amerikaanse vlae deur die optoggangers geswaai word.