SAL gaan nog geld verloor

Die SA Lugdiens gaan waarskynlik baie geld verloor weens wanbetaling en dispute deur die regering van Zimbabwe.

Volgens die jongste inligting sal Zimbabwe bereid wees om slegs 5% van die R880 miljoen te betaal wat SAL beweer die Zimbabwe regering verskuldig is.

Die bedrag is glo verskuldig vir kaartjie verkope, maar die Zimbabwe Reserwe Bank se monitêre komitee weier en verwerp die grootste deel van die skuld.

’n Woordvoerder van Zimbabwe sê die regering is nie in ’n finansiële posisie om meer te betaal nie, en kan ook nie vir brandstof en graan wat ingevoer is, betaal nie.

SAL se woordvoerder Thali Thali het nie reaksie getoon nie nadat die media hom gepols het oor wat die SAL nou gaan doen om die uiters nodige fondse te verhaal.

SAL se swak bestuur het na vore gekom toe die entiteit sy vlugte moes kanselleer en uiteindelik onder administrasie geplaas is omdat die ANC regering nie meer geld het om die entiteit vet te voer nie.