Sakelui in krisis met beurtkrag

Die sakelui van Suid-Afrika oorweeg moontlike stappe en eise teen diegene wat verantwoordelik is vir kragonderbrekings wat sakeondernemings benadeel.

Voedsel in restaurante en winkels wat bederf het weens verkoelings geriewe wat afgeskakel is, verlies aan inkomste weens die onvermoë om kliente te bedien by kitskos-uitlate asook die werksure verlies van werknemers wat nie werk kan verrig nie.

Eskom se onbeplande kragonderbrekings kan ‘n werkgewer die skade eis by sy versekerings maatskappy, of kan daar ʼn eis ingestel word teen Eskom wat verantwoordelik is vir skade gelei?

Sakeondernemings gaan reeds gebuk onder ‘n sukkelende ekonomie en ‘n drastiese afname in die koopkrag van verbruikers. 

Die resessie stem menige sakemanne tot kommer, en Mike Levington , senior bestuurder in die energie sektor, reken dat die moontlikheid van ʼn klas-aksie teen Eskom nie vergesog is nie.