SA het baie water

Die hele Afrika moet vir ’n toename van 100% in die voorraad van water voorsiening maak, en die spekulasie van 20% of meer, is gewoon onrealisties.

Wetenskaplikes, en mense gemoeid met die land se beskikbare waterbronne, sê dikwels dat Suid-Afrika ’n land is wat arm is aan watervoorraad.

Die argument is nie korrek nie, en as die lang kuslyn van Suid-Afrika in ag geneem word, dan sit daar baie water van sy seegebied wat wag om benut te word.

Die ANC president sê drastiese stappe is nodig om meer water beskikbaar te maak vir die immer stygende vraag na skoon water.

Met twee oseane, die Indiese Oseaan, en die Atlantiese Oseaan wat weerskante aan die land raak, is daar baie meer water as wat ooit nodig sal wees,

Met kern-tegnologie en vaardige ingenieurs behoort opdrag te kry om ’n hoogs effektiewe ontsouting stelsel te ontwikkel, en pypleidings na die grootste opgaardamme in die land sal die water tekorte oplos.

Diegene wat beweer dat ontsouting ’n baie duur proses is, het nog nie al die moontlikhede op die proef gestel nie, en met kern-fisika kan daar groot veranderings in die ontsouting proses teweeggebring word.