Russe help Sirië chemiese wapens versteek

Die Amerikaanse regering het Rusland beskuldig daarvan dat hy betrokke is by Sirië se verskansing van chemiese wapen opslag plekke waar dit vervaardig en geberg word.

Die Russe en Siriese regerings is daarvan beskuldig in die verlede dat hulle van chemiese wapens gebruik gemaak het in die burgeroorlog om opposisiegroepe uit te wis.

Die VSA het sy mening en kommentaar aan die Organisasie vir Verbode Chemiese Wapentuig ingedien met die hoop dat dit uiteindelik sal lei tot ’n internasionale ondersoek.

Twee voormalige werkers van die Organisasie het dokumente bekom en gelek tesame met ’n e-pos, wat dien as bewysstukke teen Rusland en Sirië se optrede.

Volgens die dokumentasie was chemiese stowwe gedurende 2018 naby Damaskus gebruik in ’n aanval teen burgerlikes waartydensmeer as 40 mense gedood is.