Rusland ontplooi eerste hipersoniese missiel

Sergei Shoigu

Die Russiese Minister van Verdediging, Sergei Shoigu, het aangekondig dat Rusland nou sy eerste regiment hipersoniese, ballisties-draende missiele, ontplooi het.

Met die aankondiging het President Vladimir Poetin sy land op die vlak van verdediging in ’n klas van sy eie geplaas.

Volgens mediaberigte het die Minister van Verdediging die Russiese president volledig ingelig oor die ontplooiing, maar het geweier om die sentrale punt waar die missiele is, bekend te maak.

Die nuwe missiel stelsel, wat Avangard gedoop is, word algemeen aanvaar as die wêreld se mees gesofistikeerde missiel, vanweë die hoë spoed waarteen dit deur die lug klief en nie deur ’n vyandelike missiel ingehaal en afgeskiet kan word nie.

Rusland het in die afgelope twee jaar met nuwe, en uiters gesofistikeerde wapentuig sy verdedigingsnetwerk tot ’n besonder hoë vlak gebring deur die toedoen van President Vladimir Poetin.

Die Russiese president het tydens die aankondiging gesê die Avangard stelsel beskik oor die vermoë om enige bestaande en toekomstige verdedigingstelsel binne te dring en te vernietig.