Reuse Eskom uitdagings vir hoof

Andre de Ruyter het ses dae vroeër met sy pligte as Hoof Uitvoerende Beampte van Eskom begin deur elk van die kragsentrales te besoek om hom te vergewis van die omstandighede by elkeen.

Die nuwe Eskom baas het ’n enorme taak op hom, met ’n eerste opdrag om Eskom te ontbondel in verskillende entiteite, te midde van vakbonde wat skerp gekant is teen die ontbondeling uit vrees dat werkverliese tot gevolg kan wees.

Daar bestaan onsekerheid oor hoe sy opdrag lyk in terme van die herstel proses om Eskom uit die finansiële verknorsing te haal, maar kenners sê dit gaan meer as een man se vaardighede vereis om die gemors wat oor 25 jaar aangerig is, reg te stel.

Eskom het die afgelope weke gedurig gedreig dat beurtkrag ingestel gaan word as verbruikers nie meer spaarsaam is met kragverbruik nie, terwyl Ramaphosa belowe het dat beurtkrag nie voor middel Januarie sal hervat nie.