Rekord prys vir Napoleon skoene

Uit die Franse hoofstad Parys word berig dat ’n paar stewels wat vermoedelik aan die Franse heerser, Napoleon Bonaparte, behoort het, opgeveil gaan word.

Die verwagting is dat die reserweprys oortref sal word en kan vir soveel as 80,000 euro verkoop word.

Die afslaers se woordvoerder sê hulle is seker dat dit napoleon se stewels was wat die heerser aangehad het as hy op sy vurige pers ry.

Bewerings word gemaak dat hy die stewels aangehad het tydens sy finale rit te perd op die klein eiland Sint Helena wat in die Atlantiese Oseaan geleë is.

Napoleon was op die eiland aangehou na hy oorwin is by Waterloo, maar of dit alles bewysbaar is, word in twyfel getrek.

’n Skildery waar Napoleon op sy perd sit, en stewels aan het wat soos die lyk wat opgeveil gaan word, is glo die enigste bewys waaroor die afslaers beskik.