Poolse parlement aanvaar omstrede wet

Die nasionalistiese regering van Pole, het wetgewing deurgevoer wat die parlement magtig om te besluit oor wie as regters aangestel mag word.

Dit is deel van die Poolse regering se hervorming van die regstelsel wat in omstredenheid gehul is, maar wat deur die regering geïgnoreer word.

Die Europese Unie het Pole ernstig gekritiseer vir die instelling van die hervormings planne, maar die regering sê dit is ’n interne aangeleentheid van Pole as soewereine staat, en sal hom nie laat intimideer deur die EU nie.

Selfs die Verenigde Nasies se verteenwoordigers het Pole heftig gekritiseer en die Europese Unie het gewaarsku dat Pole sy stemreg kan verlkloor indien die wetgewing deurgevoer word.

Die Poolse Laerhuis het die wetgewing goedgekeur, en moet nou deur die Senaat oorweeg word.

Indien die Senaat die wetgewing goedkeur, moet die Poolse president dit onderteken alvorens dit finaal op die wetboek verskyn, maar waarnemers sê die president is ten gunste van die wetgewing.