Polisiebeamptes in hof oor korrupsie

Twee polisiebeamptes van die Pretoria Metro sal vandag in die hof verskyn op aanklag van omkopery en korrupsie.

Die twee is gearresteer naby die Fonteine Sirkel toe hulle motoriste gedwing het om omkoopgeld te betaal.

Die twee beamptes, beide in hulle dertigerjare, is deur die Nasionale Verkeer se Anti-Korrupsie eenheid en die Valke gearresteer terwyl hulle nog besig was met hulle omkoop projek.

Dit is nie bekend hoeveel omkoopgeld die twee bymekaargemaak het voor hulle gearresteer is nie, maar die moontlikheid bestaan dat beide hulle wek gaan verloor nadat die hof hulle skuldig bevind het.