Polisie se agterstevoor beplanning

Die polisie in Wes-Transvaal word met die klein Nissan NP200 bakkies toegerus waarmee hulle die skurke moet jaag wat ’n kragtige motors vlug voor die gereg.

Die bakkies met hulle beperkte vermoë wanneer ’n jaagtog nodig is, kan nie opweeg teen die vinnige motors wat deesdae in die besit van diewe, moordenaars en ander skurke is nie.

Hierteenoor kry die polisie wat patrolliewerk in die state doen, soos in Mafeking die geval is, die hoe-spoed Volkswagen Golf GTi modelle.

Die polisie het glo reeds verskeie skrywes aan polisiehoofde gerig om die onverstaanbare indeling uit te wys sonder dat enige reaksie ontvang is in die afgelope 18 maande.

Bewerings word gemaak dat senior polisie in die stad die weelde geniet om deur ander polisie as chauffeur, rondgery te word in die haastige Golf.

Na bewering is die polisie kommissaris wat aan die hoof staan in die gebied, self skuldig daaraan dat hy in die VW rondgeneem word.