Paraguay president besoek Wit Huis

Mario Abdo Benitez

Die Amerikaanse Wit Huis het aangekondig dat President Donald Trump die president van Paraguay op 13 Desember sal ontvang vir samesprekings.

President Mario Abdo Benitez en die Amerikaanse president sal ondermeer die bevordering van handelsbetrekkinge bespreek, maar sal ook die meer belangrike aspek van dwelmbase en ander kriminele aspekte bespreek.

Hoog op die sakelys is die moontlike metodes wat toegepas kan word om internasionale kriminele organisasies vas te vat wat tans gemaklik beweeg in die grootste deel van Latyns-Amerika.

Paraguay is een van die meer stabile lande van Suid-Amerika, maar die toename in dwelm bedrywighede, asook die kartel vorming wat begin toeneem, gee die land rede om by die VSA kers op te steek, het woordvoerders gesê.