Nuusflitse

Petrol af Diesel op

Die prys van petrol (95 ULP en LRP) daal op 1 Januarie 2020 met 14 sent. Die slegte nuus is egter dat Diesel met 9 sent sal styg.

Wiskunde slaagsyfer af?

Die Departement van Basiese Onderwys het media berigte ontken dat die slaagsyfer van Wiskunde in die senior fase verlaag gaan word na 20%..  Die vraag is egter of daar ‘n rokie is?

Eskom probleme steeds daar

Alhoewel daar geen krag onderbrekings gedurende kerstyd was nie bly die kragverskaffer steeds onder druk weens onbeplande onderbrekings by kragstasies. Sondag 29 Desember 2019  was daar  ‘n massiewe 14,574MW verlies in die stelsel.  Onbeplande onderbrekings bo 9500 MW plaas stremming op die stelsel en kan lui tot krag onderbrekings.

Nege toeriste in Noorde beroof

Nege buitelandse toeriste is in ‘n vakansie huis naby Phalaborwa beroof deur drie gewapende mans. Juweliersware, selfone, kontant en ‘n gehuurde motor is in die proses geroof.  Dit is die soveelste insident waar buitelandse toeriste geteiken is deur rowers en dit is geen goeie nuus vir die toeriste bedryf nie.  Die Wes Kaapse bedryf beleef ‘n drastiese afname aan besoekers weens die water tekort maar veral weens misdaad wat steeds toeneem.